OMSENDBRIEF




Uit die Hoof se pen :



Die Speelkasteel was vir die afgelope 8 jaar ’n baie groot deel van my lewe en ek kom my passie vir kinders hier uitleef elke dag .

Soos ons almal weet is daar ’n tyd om te kom en ’n tyd om te gaan..

My tyd om aan te beweeg het gekom .

Ek verhuis en sal einde Augustus klaarmaak by die skool .





PANNEKOEK VERKOPING - 28 Junie



Baie dankie vir almal se ondersteuning en hulp .

Ons wins vir die verkoping was R2488.00





IMMERGROEN OUERSKAP KURSUS

30/31 AUG.

Hierdie kursus is ’n moet vir elke ouer .

Daar is slegs 30 plekke .

Bespreek asb. u plek by Christa voor 15 Aug



FOTO’S



Onthou asb. foto’s word geneem 12,19 en 26 Julie .

GEEN foto’s sal geneem word indien die gelde nie betaal is nie .





MANDELA dag - 18 Julie



Almal moet asb. pienk dra op hierdie dag.

( Sien keersy vir meer inligting )





WEGNEEMETE - VETKOEK

2 Augustus







OOV VERGADERING

17 Julie 18h00



OMSENDBRIEF MAART 2013:


Ouerverteenwoordiger :
Die Speelkasteel word deur 'n Beheerraad bestuur . Ons het tans nie 'n ouerverteenwoordiger op die Beheerraad nie en ons vra graag vir nominasies . Die pligte van die persoon is om 1 vergadering per maand , 2de Dinsdagoggend van elke maand , by te woon . Die persoon moet ook op die OOV dien sodat daar goeie kommunikasie kan wees van die ouers na die Beheerraad .
Kontak asb vir Natasha indien u belagstel . 0749789718.

EDU  CARE Medical Assist :
Vanaf  Maart 2013 bied ons aan al die kinders 'n opwindende nuwe voordeel wat mediese koste dek wanneer kinders beserings opdoen by die skool .
Aangeheg is 'n kort opsomming van die plan .  Die koste sal deur die skool gedra word .
Vir verdere navrae kontak asb vir Natasha .

Versorgingsfooie :
Die jaarlikse verhoging van die versorgingsfooie tree op 1 April in werking .
Babas / Vissies   -  R1350.00
Kleuters tot Gr R   -   R1290.00
Nasorg    -  R810.00

Pas asb u betaling aan daarvolgens.

SPUR aand :

Bring die familie en vriende en kom kuier lekker saam by Strand Spur , Beach rd .
Dit is vir fondsinsameling vir die skool.

Klipwerf Dans :
Baie dankie aan almal wat so hard gewerk het vir hierdie fondsinsameling .
Dit was voorwaar n heerlike aand .  Ons wins was R20'000 .


                                                                                                                                                             
 " Die vrug van die Gees , is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en     selfbeheersing.                                                                                
                                                                                                                                                             





Galasiërs 5:22

No comments:

Post a Comment

Alles oor ons skool !!!

Ons versorg kinders vanaf die ouderdom 6 weke tot Gr 7.

Die fooie sluit alle uitstappies, benodigdhede, kersgekenke , ens . vir die kinders in .

u Betaal slegs die fooie soos uiteengesit. Alle benodigdhede vir die kinders , uitstappies , kergeskenke ens . word gekoop uit die fooie.

Die kinders kry ontbyt , middagete en 2 teetye elke dag.

Elke klas het 'n Klashoof , 'n assistent en ook 'n hulpasssistent wat verseker dat die kinders elke dag net die beste versorging kry.

Die skool word bestuur deur Mev Bredenkamp , Mev Ter Haar 6 ander bestuurslede.

Ons is hierdie jaar 24 jaar oud en ons is baie trots op ons pragtige skool.



Speelkasteel - Reëls

ACVV VERSORGINGSOORD
DIE SPEELKASTEEL
VERKORTE SKOOLREëLS


SKOOLFOOIE:

Slegs bankinbetalings / Internetbetalings en tjeks sal aanvaar word.
Tjeks moet uitgemaak word aan: ACVV SPEELKASTEEL.
GEEN kontant sal ontvang word nie .

Rekeninge moet voor of op die 1ste van elke maand betaal word .
LW Fooie is streng vooruitbetaalbaar .

Kinders van wie die fooie dus nie betyds betaal is nie, sal na die 7de v.d.maand nie by Die Speelkasteel toegelaat word nie.

Indien u probleme met die verstaan van rekeninge ondervind , moet dit met Mev Thora Louwrens in die Admin kantoor , bespreek word .

Skriftelikse kennisgewing van een kalendermaand is ‘n vereiste voordat kinders uit die skool gehaal word.

Vol tariewe word betaal wanneer kinders met vakansie of weens siekte afwesig is, aangesien die inrigting se uitgawes dieselfde bly.

TYE:
Maandag tot Vrydag vanaf 07h00 tot 18h00 stiptelik. Indien ‘n kind na 18h00 afgehaal word, sal daar ‘n boete opgelê word, van R1.00 per minuut.
Op Vrydae verdubbel die bedrag. Na ‘n derde waarskuwing sal u kind nie verder in Die Speelkasteel toegelaat word nie.
Op Saterdae en openbare vakansiedae is Die Speelkasteel gesluit, asook gedurende die Kersvakansie soos jaarliks deur die Bestuurskomitee bepaal.


ONTVANGS EN AFHAAL VAN KINDERS:

Die kind/ers sal slegs aan die ouer/voog wat hom/haar by die Versorgingsoord kom inskryf het, afgegee word. Indien die ouer/voog nie self die kind/ers kan kom haal nie, moet u een van die volgende roetes volg.
Die persoon wat die kind kom haal moet 'n brief (met sy ID nr op) hê wat deur die ouer geteken is.
Ouer moet die besonderhede in die kind se gedragsboekie inskryf
Faks stuur aan die skool met die persoon se ID en besonderhede
SMS stuur na 071 334 1526 met al die besonderhede van die persoon wat die kind mag kom haal.
Die bywoningsregister by elke klas moet geteken word wanneer die kinders gebring en gehaal word. (slegs vir voorskoolse kinders).

ONGESTELDHEDE:

Ouers word versoek om geen siek kinders na die inrigting te bring nie, maar wel die hoof dadelik in kennis te stel. Aansteeklike siektes ( ook in die geval van ander familielede) moet dadelik onder hoof se aandag gebring word.
Daar word verwag dat elke kind die verpligte inspuiting teen witseerkeel, kinkhoes, polio ens. reeds ontvang het voordat hulle opgeneem word.
Die kliniek besoek die skool 4 keer p/jaar en gaan dan die kliniekkaarte na.


MEDISYNE:

Medisyne wat gedurende die dag aan die kinders toegedien moet word, moet duidelik gemerk wees en by die betrokke ouderdomsgroepe oorhandig word met geskrewe voorskrifte vir toediening en op die medisynevorm ingevul word.
Die Speelkasteel verskaf geen medisyne nie. Geen medisyne mag in die kind se tassie of rakkie wees nie.

ALLE EIENDOM VAN KINDERS MOET DUIDELIK GEMERK WEES

ACVV Versorgingsoord vir kinders

ACVV Versorgingsoord vir kinders

BACKGROUND

Followers

Beertjieklas- KERSPEL 2009

Beertjieklas- KERSPEL 2009

Vissieklas - KERSSPEL 2009

Vissieklas - KERSSPEL 2009